Indië

Republiek in Suid-Asië From Wikipedia, the free encyclopedia

Indië
Remove ads

Indië (Hindi: भारत, Bhārat; Engels: India), amptelik die Republiek Indië (Hindi: भारत गणराज्य, Bhārat Gaṇarājya, [ˈbʱaːɾət̪], ; Engels: Republic of India), is 'n republiek in Suid-Asië. Met 'n bevolking van 1 407 563 842 (2021) is dit die tweede mees bevolkte land ter wêreld, ná die Volksrepubliek China.

Kitsfeite

Indië is op die Indiese Subkontinent geleë en is vir die grootste deel 'n skiereiland, wat in die weste aan die Arabiese See, in die suide aan die Indiese Oseaan en in die ooste aan die Golf van Bengale grens. In die noorde grens dié land (van wes na oos) aan Pakistan, die Volksrepubliek China (Tibet), Nepal, Bhoetan, Mianmar en Bangladesj. Ten suidooste van Indië in die Indiese Oseaan is die eilandnasie Sri Lanka en ten suidweste is die Maledive geleë. Indië se Andaman- en Nicobar-eilande deel 'n maritieme grens met Thailand en Indonesië in die Andamanse See.

Die hoofstad van Indië is Nieu-Delhi en die grootste stad is Mumbai. Indië is 'n federale republiek wat bestaan uit 28 deelstate, 6 uniegebiede en 1 nasionale hoofstadgebied. Indië is 'n multi-etniese land en die meesbevolkte demokrasie ter wêreld.

Indië het tussen 1858 en 1947 deel uitgemaak van Brits-Indië en met die Verdeling van Indië het dit van sy buurland Pakistan geskei. Indië is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n president as staatshoof. Sedert die Verdeling van Indië veg Indië teen Pakistan en die Volksrepubliek China oor beheer van die voormalige prinsstaat Kasjmir, wat tot dusver tot vyf oorloë oor die verdeelde gebied gelei het.

Remove ads

Naam

Thumb
Nasa-Satellietbeeld van Indië
Thumb
Kaart van Indië
Thumb
Topografiese kaart van Indië

Die Vedanta het geen naam gegee vir Indië nie. Die naam Indië is afgelei van Sindhu, die plaaslike naam vir die rivier Indus (van die Sanskrit stam ind: druppel). Die ou Ariërs het dié land āryāvarta (आर्यावर्त) genoem, wat ook Sentraal-Asië ingesluit het. Die Sanskrit-woord Arya beteken 'respek almal' en in later tye 'iemand van die eerste drie kaste' (in tegenoverstelling tot 'śūdra'). Omgekeerd beteken anārya 'iemand van die oorspronklike donkerkleurige bevolking' wat ook DASA of dasyu genoem. (Die Rig Veda doen daar enigsins denigrerend oor maar dit oorspronklike volk is vanuit die ou Sumerië met meluhha of mleccha aangedui, wat verwys na die Indusvalleibeskawing.) Die woord Varta beteken in Sanskrit 'verplaatsingsgebied', 'land', 'verblyf', 'kostwinning' of 'bestaansmiddel'. Die afkorting Varta is tot Barta verbaster en later tot Bhārat ([ˈbʱaːrət̪] .

Die Perse het ('n deel van) dié land Hindoestan ([ɦɪnd̪ʊˈst̪aːn] ), dié land van die Indus, genoem. Dit is deur die Grieke tot Indië (ινδιη) gewysig. Die verskillende politieke partye het wel ander voorkeursname vir dié land soos Hindoestan, Hindu Rashtra en Bharat. Die naam Bharat sou afstam van twee ou konings wat Bharata genoem word. Die naam Hindoestan word amptelik opgegee na die onafhanklikheid op 15 Augustus 1947. Die naam word nog wel gebruik in die daaglikse spraakgebruik. 'n Gewilde patriotiese lied, geskryf deur 'n Indiëse Moslem, Muhammad Iqbal, begin met die sin: "Sare jahaan se acchaa, Hindustan hamaaraa" (Onse Hindoestan is beter as die res van die wêreld).

Die term Indië het veral gebruiklik geword in navolging van die Engelse benaming. Die term Indië is 'n lang tyd gebruiklik in België, maar word na Nederlands voorbeeld nou ook geleidelik vervang deur India. Indië het in die noorde sinoniem geword vir Nederlands-Indië, wat in werklikheid op Indonesië dui.

Remove ads

Geografie

Indië se geografie word gekenmerk deur die Himalaja in die verre noorde, die Ganges-, Indus- en Brahmaputra-vlaktes in die weste, noorde en ooste asook die Wes- en Oos-Ghats. Kangchenjunga is met 'n hoogte van 8 586 m Indië se hoogste berg en is in die deelstaat Sikkim geleë.

Indië se heilige rivier, die Ganges, is ook dié land se langste river, gevolg deur die Godavari, die Ganges-sytak Yamuna, Narmada en die Krisjna.

Remove ads

Geskiedenis

Ekonomie

Indië is ekonomies in opkoms. In die 1960's was daar nog bitter armoede en selfs hongersnode, maar dié land is nou ná China een van die grootste opkomende ekonomiese magte, lid van die BRICS en die Groep van 20.

Demografie

Amptelike tale van Indië

Amptelike tale (Sentraal administratief)

  1. Hindi
  2. Engels (samewerkende amptelike taal)

Erkende nasionale tale van Indië (Geskeduleerde lys vir amptelike gebruik)

Thumb
Indiese deelstate volgens mees verspreide tale
  1. Assamees (amptelike taal van Assam)
  2. Bengaals (amptelike taal van Tripura en Wes-Bengale)
  3. Bodo (amptelike taal van Assam)
  4. Dogri (amptelike taal van Jammu en Kasjmir)
  5. Engels (amptelike taal van Nagaland)
  6. Gujarati (amptelike taal van Dadra en Nagar Haveli, Daman en Diu en Gujarat)
  7. Hindi (amptelike taal van Arunachal Pradesh, Andaman- en Nicobar-eilande, Bihar, Chandigarh, Chhattisgarh, Delhi, Haryana, Himachal Pradesh, Jharkhand, Madhya Pradesh, Rajasthan, Uttar Pradesh en Uttaranchal)
  8. Kannada (amptelike taal van Karnataka)
  9. Kasjmiri (amptelike taal van Jammu en Kasjmir)
  10. Konkani (amptelike taal van Goa)
  11. Maithili (amptelike taal van Bihar)
  12. Malayalam (amptelike taal van Kerala en Lakshadweep)
  13. Manipuri (Meithei) (amptelike taal van Manipur)
  14. Marathi (amptelike taal van Maharashtra)
  15. Nepalees (amptelike taal van Sikkim)
  16. Oerdoe (amptelike taal van Jammu en Kasjmir, en ook sommige distrikte in Andhra Pradesh, Delhi en Uttar Pradesh)
  17. Oriya (amptelike taal van Orissa)
  18. Pandjabi (amptelike taal van Pundjab, tweede amptelike taal van Delhi)
  19. Sanskrit
  20. Santali
  21. Sindhi
  22. Tamil (amptelike taal van Tamil Nadu en Pondicherry)
  23. Telugu (amptelike taal van Andhra Pradesh)

Religie

Thumb
Verspreiding van godsdienste in Indië volgens Indiese distrikte, 2011-sensus:

 Hindoe

 Moslems

 Christene

 Sikhs

 Boeddhiste

 Ander

Meer inligting Religie, Bevolking % 1951 ...

In Indië bly sowat 195 miljoen Moslems (14,2% van die totale Indiese bevolking),[11][12] die hoogste Moslembevolking in 'n nie-Islamitiese land en amper dieselfde aantal Moslems as in Pakistan.[13][14] Indië beskik oor die derde hoogste Moslembevolking wêreldwyd, dwarsdeur die land,[15] en met sowat 300 000 aktiewe moskees meer as enige ander land, selfs meer as in die Islamitiese wêreld. Net in Indonesië bly meer Moslems.[16]

Remove ads

Sport

Thumb
Die Indiese nasionale hokkiespan tydens die Olimpiese Somerspele 1936 in Berlyn, wenner van die goue medalje
Thumb
Die Indiese nasionale krieketspan in aksie op Wankhedestadion in 2006

Die meeste en gewildste sportsoorte wat in Indië beoefen word, het hul oorsprong in die Verenigde Koninkryk en tydens die bestaan van Brits-Indië op die Indiese subkontinent gevestig.

Veldhokkie is die naasgewildste sportsoort, word as Indië se nasionale sport beskou[17][18] en is ook dié land se suksesvolste Olimpiese sportsoort: Die Indiese nasionale hokkiespan het tot dusver agt goue, een silwer en twee bronsmedaljes tydens Olimpiese Somerspele verower. Indië het die Hokkiewêreldbeker in 1975 gewen en was die naaswenner van die Hokkiewêreldbeker 1973. Indië het ook drie van dié toernooie gehuisves: in 1982, 2010 en 2018.

Krieket is Indië se gewildste sport.[19] Die Indiese nasionale krieketspan het die krieketwêreldbekertoernooie in 1983 en 2011, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007 en 2024, asook die Kampioenetrofeë in 2002 (gedeel met Sri Lanka), 2017 en 2025 gewen. Hulle het ook die Asiatiese Bekertitel in 1984, 1988, 1990, 1995, 2010, 2016, 2018 en 2023 ingepalm. Indië het ook twee keer die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap gehaal, maar in 2021 teen Nieu-Seeland en in 2023 teen Australië verloor. Daarbenewens het die Indiese nasionale vrouekrieketspan die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 tuis beklink. Die Indiese Premierliga (IPL) word beskou as die gewildste krieketliga wêreldwyd en lok veral toeskouers van die Indiese subkontinent, maar ook uit Suid-Afrika, die Britse Eilande en Wes-Indië. As gevolg van die tydsverskil met Australië en Nieu-Seeland en die nagtelike uitsaai van wedstryde is die IPL in dié twee lande minder gewild.[20]

Indië was gasheer of medegasheer van verskeie internasionale sportgeleenthede: die Suid-Asiatiese Spele in 1951 en 1982; die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1996, 2011, 2023 en 2031; die Kampioenetrofeë in 2006 en 2029; die T20I-wêreldbekertoernooie in 2016 en 2026, die T20I-vrouewêreldbeker 2016, asook die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 1978, 1997, 2013 en 2025 (saam met Sri Lanka); die Hokkiewêreldbeker in 2010 en die Statebondspele in 2010. Van 2011 tot 2013 is die Indiese Grand Prix op die Buddh Internasionale Renbaan in Uttar Pradesh aangebied, al drie wedrenne is deur Sebastian Vettel gewen.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads