Sauber Motorsport

Switserse Motorsport-ingenieursmaatskappy From Wikipedia, the free encyclopedia

Sauber Motorsport
Remove ads

Sauber Motorsport AG, handeldrywend as Sauber F1 Team was 'n Switserse Formule Een-span. Dit is in die 1970's gestig deur Peter Sauber, wie deur middel van heuwelklimme en die "Wêreld Sport Prototipe-kampioenskap" gevorder het tot Formule Een in 1993.

Thumb
Die Sauber-Mercedes C9 het die 1989 Le Mans 24-uur gewen.

Nadat hulle geen grand prix as 'n onafhanklike span kon wen nie, is die span in 2005 aan BMW verkoop. Hulle het deelgeneem as Sauber-BMW gedurende 2006-2009 en behaal een oorwinning. Aan die einde van die 2009-seisoen onttrek BMW uit Formule Een en die toekoms van die span bly onseker vir 'n paar maande, totdat dit weer terugverkoop is aan Peter Sauber, wie 'n inskrywing vir 2010 toegestaan is. Maar as gevolg van probleme met die Concorde-ooreenkoms, het die span bekend gebly as "BMW Sauber" vir die 2010-seisoen.[1][2] In Maart 2010 het Peter Sauber planne aangekondig om gedurende die seisoen die span se naam te verander, maar die FIA het ​​aangekondig dat hul tot die einde van die seisoen sal moet wag om die naam te mag verander.[3] Van die begin van die 2011 Formule Een-seisoen het die span die BMW-deel uit hul naam gelaat (hul enjinverskaffer was hierna Ferrari gewees).

Peter Sauber besit tans 'n beherende 66,6%-belang in die span, met die res wat aan Monisha Kaltenborn (HUB) behoort, wat 'n leidende figuur in die span is sedert BMW se onttrekking.[4]

Remove ads

Formule 1 uitslae

2010 – 2018

Thumb
FIA-inspekteurs besoek Sauber se kuipe tydens 'n rennaweek in 2005.
Meer inligting Kleur, Uitslag ...
Meer inligting Jaar, Onderstel en ande ...

2024 – 2025

Meer inligting Jaar, Onderstel en bande ...
  • Die renjaer haal nie die einde nie, maar word wel geklassifiseer omdat hy meer as 90% van die renafstand voltooi het.
  • * Seisoen nog aan die gang.
Remove ads

Galery

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads