Die Marshalleilande (Engels: Marshall Islands, [ˈmɑːrʃəl ˈaɪləndz], ; Marshallees: Aorōkin M̧ajeļ), amptelik die Republiek die Marshalleilande (Republic of the Marshall Islands, kort RMI; Aolepān Aorōkin M̧ajeļ, [ɑ̯ɑ͡ɒɔ̯ɔ͡ɛlʲɛbʲænʲ ɑ̯ɑ͡ɒo̯o͡ɤrˠɤɡɯ͡inʲ mˠɑɑ̯zʲɛ͡ʌɫ]), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië net noord van die ewenaar en net wes van die Internasionale datumgrens met 'n oppervlakte van 181,43 km² en 'n bevolking van 42 418 in 2021. Die Marshalleilande bestaan uit sowat 1 200 eilande.

Thumb
Nasa-Satellietbeeld van die Marshalleilande in Maart 1999
Thumb
Kaart van die Marshalleilande
Thumb
Kaart van die Marshalleilande se atolle
Kitsfeite
Republiek die Marshalleilande
Republic of the Marshall Islands (Engels)
Aolepān Aorōkin M̧ajeļ (Marshallees)
Thumb Thumb
Vlag Seël
Nasionale leuse: Jepilpilin ke ejukaan
(Marshallees vir: "Prestasie deur middel van gesamentlike pogings")
Volkslied: Forever Marshall Islands
(Engels vir: "Marshalleilande vir ewig")
Thumb
Hoofstad Majuro[1]

7°7′N 171°4′O

Grootste stad Majuro
Amptelike tale Engels en Marshallees
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Hilda Heine
Onafhanklikheid
• Selfregering en grondwet
• Verdrag oor vrye assosiasie
van die Verenigde State
1 Mei 1979
21 Oktober 1986
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
181,43 km2  (189ste)
70,05 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2021-sensus
 - Digtheid
 
58 413[2][3] (203de)
42 418[4]
233 / km2 (47ste)
603,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$277 miljoen[5]
$6 085[5]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$293 miljoen[5]
$6 443[5]

MOI (2021) 0,639[6] (131ste)    medium
Gini (2019) 35,5[7]   medium
Geldeenheid Amerikaanse dollar ($) (USD)
Tydsone
 - Somertyd
MHT (UTC+12)
nie toegepas nie (UTC+12)
Internet-TLD .mh
Skakelkode +692
Sluit

Die Marshalleilande is in die ooste van die Noordelike Mariana-eilande, in die noordooste van die Gefedereerde State van Mikronesië, in die suidooste van Japan, in die weste van Hawaii en in die noordweste van Kiribati geleë. Die hoofstad en grootste stad is Majuro.

Die Marshalleilande is genoem ná die seekaptein John Marshall wat in 1788 saam met die seekaptein Thomas Gilbert, ná wie Kiribati voorheen die "Gilberteilande" genoem is, beide Kiribati en die Marshalleilande vir Europa ontdek het.[8]

As gevolg van die Spaans-Amerikaanse Oorlog is die argipel in 1899 deur Spanje aan die Duitse Keiserryk verkoop en by Duits-Nieu-Guinee ingelyf. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is dit deur die Japannese Keiserryk beset en het na dié oorlog 'n Volkebondmandaat geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is dit deur die Verenigde State beset en het in 1947 'n trougebied van die Verenigde Nasies geword. Tussen 1946 en 1958 het die Verenigde State eksperimente met kernwapens in die Bikini-atol uitgevoer en meer as 20 waterstof- en atoombomme oor die atol getoets, die grootste daarvan was Castle Bravo met 15 megaton. Op 1 Mei 1979 het die Marshalleilande sy eie regering verkry en status van selfregering ontvang. Die Marshalleilande het op 21 Oktober 1986 'n verdrag oor vrye assosiasie met die Verenigde State onderteken, waarmee dit 'n onafhanklike land geword het. Die Verenigde State is nog steeds vir die verdediging van die Marshalleilande verantwoordelik.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.